21.10.11

'n Gekke liefdesliedjie

Ek spring op my bed, dans in die straat;
Ek soen my dronk oom op sy baard;
Dis gek ja,
maar ek’s verlief!

Ek koop ‘n goue ring, ‘n reuse diamant;
Ek hardloop kaalgat op die strand;
Dis gek ja,
maar ek’s verlief!

Ek sie'jou glimlag op my selfoon;
is dit alles net 'n mal droom?
Dis gek ja, maar ek’s verlief! Verlief!
Ek's gek ja,
maar ek's verlief!



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Ek hou baie van die ritme van hierdie gedig. Dink dit dra die gevoel van verliefdheid baie goed oor.

    ReplyDelete
  2. Ritme is iets wat die ou digters baie goed kon doen; dit was allermins die verwagting dat 'n digter wat sy sout werd is 'n ordentlike meter sou kies en daarby hou. Vandag word ritme baie maklik "rympierig" -- beslis nie 'n kompliment vir 'n resensente digter nie. 'n Mens moet maar versigtig met ritme omgaan want dit kan maklik jou vers maak of breek. Behalwe natuurlik wanneer jy lawwe liedjies skryf! ;-)

    ReplyDelete