14.11.11

Genesis 2:24

My blote smelt jou blanke –

          Ek wis g’n onderskeid
          tussen vlees of huid
          g’n lyn tussen id en syn
          nóg verskeidenheid
          tussen die hartklank
          en die weerklank
          van ons seksualiteit nie.

jou naakte smelt my flanke.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. verstom giggel jou mossiebekkie woorde my 'n volmaakte oggend toe - as die klatter klouter
    lekker van jou vars lentebloeisels die dorstigheid van my siel vol vloei - strooi ek handevol kosmosblomme voor jou voete pa te staan die my onbeholpe deurmekaar gebrabbelse gebrek aan woorde voor soveel onuitspreeklik mooi

    ReplyDelete
  2. Dit is voorwaar die mees poëtiese repliek wat ek nog ooit ontvang het. Dis al te lekker! Dankie vir sulke mooi hulde!

    ReplyDelete