23.11.11

Piet-My-Vrou

Toe jy met jou bolgepropte koffers
my hart kom in trek het,

die treklorrie jou meubels kom aflaai
en my meubels kom oplaai het,

jy my CD-versameling, fliekplakkate,
en troeteldiere weggepak het,

het dit my nie so erg gepla
soos toe jy in iemand anders

se hart gaan intrek het en al jou
goeters hier agtergelaat het nie.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Ek hou hiervan. Die eenvoud van die woorde dra die gevoel so skreiend effektief oor. En dit verbloem die seer, maar stal dit tenselfdertyd uit.

    ReplyDelete
  2. Is bly jy hou daarvan. Dankie.

    ReplyDelete