4.6.12

Die weefster se geliefde


"Die weefster" (met haspel en spil)
deur William-Adolphe Bouguereau,
olie op doek, 1873.


Op haar haspel is my veselagtige hart geplant—
'n ontliggaamde kop op 'n spies:

Sy spin en spin en spin en tol my are skroefdraad
op haar spil tot niks behalwe 'n koper katrol
vol geroeste gare van my hart oorbly nie.

Met weefraam stram gereed weef sy
karmosyn kettingdraad en     sy weef
skarlaken inslagdraad en       weef sy
totdat niks van my oorbly nie,
want sy het my opgeweef en deurgeweef
en ingeweef en weggeweef en klaargeweef—
'n tapisserie vol bloederige patrone:

kýk, dis ek, die weefster se geliefde!



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Pragtig geskryf. Hierdie woorde gly oor die tong en gaan le in die hart.

    ReplyDelete
  2. Dankie. Ja, ek is nogals trots op die een omdat ek al vir 'n ruk daaraan werk. (Dit het eintlik begin as 'n Engelse gedig, maar ek het later besluit ek wil dit maar eerder in Afrikaans "weef".)

    ReplyDelete