22.7.12

Boek en boekmerk

Image Source

Nes 'n boek val jou dye voor my oop en ek verdiep my aan jou binnebene
se roomkleurige blaaie en die botterreuk van leer en van papier en my oë hardloop
met los heupe oor jou letters en ek blaai jou verhaal met my geletterde tong
by kerslig tot die dagbreek kom en as ek jou laaste sin ingesluk het

—my asem vir 'n ruk opgehou het—

klim ek dan 'n wilde perdeblom jou binneblaaie in en soos 'n vlerk vou jy ferm om my
en met 'n storie se geduld pars en tem jy my tot ek 'n makgemaakte boekmerk in jou bly.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

6 comments:

  1. fokkit fokkit fokkit!

    ReplyDelete
  2. Haha. Ek neem aan dis 'n positiewe reaksie, en nie dat jy jou maermerrie gestamp het nie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Sanko, ek volg jou Ingelegde Lyf van lankal af (marja), maar hierdie ene het my koer behoorlik omgemoer; (op 'n trip stoksiel-alleen!) jou woorde het my sprakeloos verstom getoor - mees erotiese wat ek ooit gelees het. Fokkit fokkit fokkit jy't baie talent d@n&#s baie!

      Delete
  3. Een woord Stunning! Jy kan met woorde toor en jy gryp die verbeelding aan, doen so voort, as iemand nie daarvan hou nie,sit hulle sensuele sneller te fyn gestel op hulle gewete!

    ReplyDelete
  4. Marja, dankie vir die kompliment. Ek is bly die gedig werk. (Gedigte is mos maar eintlik soos masjiene en die woorde daarbinne is soos ratte wat 'n skrywer op verskillende maniere aan mekaar steek. Partykeer dink ek dit werk vir my, maar weet nie of dit vir iemand anders werk nie. Draai die ratte ook in 'n ander persoon se gedagtes, soos wat dit in myne draai, of steek die ratte êrens vas? So dis goed om te hoor as dit werk.)

    "koer behoorlik omgemoer" -- jy het duidelik ook 'n slag met woorde!

    ReplyDelete