1.7.12

Jy's soos potpourri in die laaie van my onderbewussyn. Die skraalste steurnis en jou geure walm soet herinneringe in my op. Jy klou aan die klere van my gedagtes en lê klam in my hare. Beweeg ek onverwags, of draai ek my kop te vinnig, dan roep my verbeelding die reuk van ons verlede in vars emosies op, asof die kruie van ons verhouding sopas onder groenvingers gekneus is.

Hoe lank gaan jy nog soos 'n spook in my lewe walm?
Word 'n ou minnaar dan nooit van jou gespeen nie?
Word 'n ou geliefde dan nooit amnesie gegun nie?



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

No comments:

Post a Comment