20.11.12

niks is vanselfsprekend nie


heelnag bly ek wakker en wag
ek wag vir die dag soos 'n uil vir 'n muis

ek wag vir die horison om haar wye dye
nes 'n tydskrif op die middelblad oop te val:
geboorte te gee aan 'n blinknuwe son
                (want elke dag verdien 'n nuwe een)
waarvan die nánag nog aan sy naelstring klou
soos 'n kleuter wat vashou aan 'n balon se tou

die heelnag bly ek wakker om dit te sien

want niks is vanselfsprekend nie

nie jy nie

nie eens die son nie



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Ek hou regtig baie hiervan, want die beelde is so treffend. Soos die van die son wat gebaar word. En die uil wat vir die muis wag. Laasgenoemde laat my dink aan die vers in die Bybel wat se : "Ek wag op U soos die wagters op die mure vir die more wag".

    ReplyDelete
  2. Dankie Boer.

    Wat 'n pragtige Bybelvers!

    ReplyDelete