9.12.12

As jy net 'n droom is

As jy net 'n droom is, vertel my gou
sodat ek nie my hart verloor aan jou
nie; en as jy net 'n spook is, sê dan wha!
dat ek om genade van Bo kan vra;
en as jy miskien 'n visioen is, laat my weet,
sodat ek kan gaan soek na 'n profeet;
maar as jy eg is, kom soen my dadelik,
want hierdie onsekerheid is ondraelik.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Eina pyn! Die liefde is soos 'n seemeeu, mooi van gestalte,grasievol, maar as daardie bek oopgaan, dan klink dit soos 'n spyker wat oor 'n sinkplaat krap!!!!!!!!!!!!!!

    ReplyDelete
  2. Oe, ja, dis presies hoekom ek nie van seevoëls hou nie. Hulle skree net.

    ReplyDelete