9.8.13

Onkundige sonnet

ek weet nie hoe vrouens se koppe werk nie
of mans se koppe of kinders s'n nie
ek weet nie eens hoe myne werk nie:
hoe die sappies veronderstel is om te prut
en die vonkies veronderstel is om te spat
en al daardie draadjies en takkies en padjies
maak dat ek kan dink en misdink nie

ek verstaan nie die lewe se meganismes nie:
die kleppe en pype en buise en ratte nie
en hoe alles roteer en inmekaar pas nie

en, ag fok, die liefde verstaan ek regtig nie:
hoe 'n katmens 'n hondmens lief kan hê
of 'n ingenieur 'n digter inspireer nie

halfpad deur my lewe en ek verstaan nie eens 'n sonnet nie



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

4 comments:

  1. Baie goed! Hou hiervan. Hoe ouer mens word, hoe minder verstaan mens.

    ReplyDelete
  2. Dankie Boer,

    Inderdaad. Deesdae verbaas ek myself met my dommigheid. Het juis vanoggend om wysheid gebid! haha

    ReplyDelete
  3. sweet ... fokkie toggie, as ons tog net die liewe liefde kon verstaan né

    ReplyDelete
  4. Inderdaad. Die juiste ding wat waarskynlik die bedoeling van ons bestaan is, is een van die moeilikste goed om te verstaan. But then again, as die liefde oppervlakkig en maklik was, sou dit ons nie so betower het nie.

    ReplyDelete