8.9.13

ek het ook op 'n tyd 'n moeder gehad / Once Upon a Time I Had Also Had a Mother

Ek het ook op 'n tyd 'n moeder gehad

ek het ook
op 'n tyd  
lank gelede
toe wolke nog diere en skepe was
'n moeder gehad

'n ma

'n mamma

wat soos 'n god
my lank lank gelede
gesoog en versorg en verknog het
wat in my die potensiaal gesien het
wat slegs God en moeders kan sien
wat die eerste vrou in my lewe was
die templaat vir al wat vrou is
van Eva tot nou is

ek het ook op 'n tyd 'n moeder gehad

en soos alle moeders het sy ook
onder jou koue lem beland
jou rypvingers het haar om die keel gegryp
en God het staan en toekyk
want dis die lot van alle moeders
dat hulle kinders kan onderskei
tussen God en mens
tussen Hom en klei

op 'n tyd het ek ook 'n God gehad
soos 'n moeder

Once Upon a Time I Had Also Had a Mother
I had also had
once upon a time
long ago
when clouds were still animals and ships
a mother
a mom
a mommy
who like a god
long long ago
nursed and cared for and pampered me
who saw in me the potential
that only God and mothers can see
who was the first woman in my life
the template for all that a woman can be
from Eve till now
I had also had a mother once upon a time 
and like all mothers she had also
come under your cold knife
your frigid fingers had her by the throat
and God was just looking on
because this is the fate of all mothers
so that their children can discern
between God and man
between Him and clay
once upon a time I also had a God
like a mother


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

4 comments:

  1. sjoe - jou skrywe raak my diep en wyd - dankie!

    ReplyDelete
  2. My plesier. Ek skryf omdat ek self 'n behoefde daaraan het, maar is bly indien dit met iemand anders ook resoneer.

    ReplyDelete
  3. Dit resoneer met my ook. Kan deel in hierdie gevoel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Aai ja. Die dood van ons ouers is nogals 'n universiële trauma. Party word net vroeër daar deur getref. En dit is gewoonlik moeiliker hoe vroeër dit gebeur.

      Delete