Omtrent


Ek skryf gedigte -- gewoonlik liefdesgedigte en erotiese verse. Dis nie dat hierdie genre regtig 'n spesiale keuse vir my was nie, dis bloot dat hierdie tipe verse baie maklik en natuurlik uit my vorendag (of vorennag) kom.

Ek weet ek moet meer daarmee doen -- dalk publiseer, maar intussen terwyl ek besig is met ander meer dringende prioriteite lê die gedigte in 'n digitale laai en gaar digitale stof op. Ek het toe maar besluit dat dit dalk beter sal wees om dit af te stof en êrens op te hang, sodat dit nie muf nie. Wel, dit is dan die rede vir hierdie blog. Dalk kan iemand anders intussen die gedigte op 'n positiewe manier gebruik -- sien die kopieregdetails.

O ja, indien jy 'n spelfout of ander derglikheid êrens bespeur, laat weet my asseblief. Spelling was nog nooit my forté nie, en ek besit nie 'n Afrikaanse speltoetser nie.

Ietsie relevant omtrent my: ek het 'n meestersgraad in skryfkuns en is 'n dosent in Engelse letterkunde, en fokus op die kortvorme, naamlik: poësie, kortverhale, en die essay.

Ek kan gekontak word by skryfblok (by) gmail (punt) com.

Vir meer inligting oor wie ek is, besoek gerus my webtuiste: sankolewis.com