20.9.13

Blom

Vryvertaal uit Koreaans vanaf 'n gedig deur Kim So-yeop


My liefling!
Jy's nie 'n man nie.
My liefling!
Ek is nie 'n vrou nie:
Nie man of vrou nie, maar mense.

Die oggenddou was sewekeer
die kiem van ons liefde –
laat 'n naamlose saad:

Ek wil jou tuin heen gaan
en in besonderse bloeisels blom.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

2 comments:

  1. Het jy al gedink aan 'n bundel van sulke vertaalde gedigte? Ek dink jy doen dit goed.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die vertroue in my. Ek het al daaraan gedink, ja.

      Delete