’n herhalingsmisdadiger: vang jy my uit
as my oë die jardste keer jou clevage lek
en ek doofstomdomdwaasgek opkyk
stotterend verklaar ek; gee ek toe; gee ek mee–
ek’s skuldig
skuldig soos die see
ewe halsoorkopbommelakisiekopstampdolverlief
verlief soos bronstige branders vir rotse
só is ek verlief op jou en op jou borste.
... Sanko Lewis