Showing posts with label huwelik. Show all posts
Showing posts with label huwelik. Show all posts

30.9.12

The Heist

Dragonfly hovers, then lands upon your lips—a sealed lotus—
and with its soft touch picks the lock. Slug gently oils the hinges.
The bulb relaxes, slightly parts—just enough for Tadpole!
He slips in, slides through the corridor, locates your levers
and opens wide the gate. My mouth manoeuvres to the exit
as I patiently await your attempted escape.
When you exhale, I swallow your spirit in one ecstatic gulp.
With this kiss I seal you in me. Thus blackmailed,
you dip your tongue in my ink and sign on the dotted line.
The contract reads: I am yours; you are mine.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

22.6.12

Modderkoekies

2006

Eendag wanneer ons oud is
moet ons modderkoekies bak.
Ons skibberige hande sal weer
glibberig wees soos platannas.
Ons gekerfde gesigte sal weer
blos soos kleigeverfde inboorlinge.
Ons grasgryskoppe sal weereens
vrugbare aardes wees,
kleurig vol van kattekwaad
– nee – gemmerkattekalmte.

En as die agterdagson ons speletjies speen
sal ons nie ween nie, maar laaste lag –
’n Oumens is net eenmaal kind,
dóg was dit ons tweekeer goedgesind.




... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

9.4.11

Openbaring

Toe nag aan dag geboorte gee,
jy gefetus teen my ribbekas ingelas,
jou asem met myne in gety
(die produk van vele seer- en lekkerkry),
tref dit my:
hoedat een man een vrou
een toekoms saam kan bou
om een ewigheid in te hou.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

7.4.11

Drie kwatryne

Vryvertaal vanaf ’n Koreaanse gedig deur Woo-Shik Kang.

Die geur van die lotusvrou in my drome
en die geur van my vrou is soms eenders.
Maar ek weet nie watter is meer waar nie –
die liefde wat ek gee of die liefde wat ek neem (as ek slaap of wakker is) nie.

My vriend, asof om te lê in ’n nat gehuilde kis,
op treurige vroulose dae,
ons na die see laat gaan om iets te word –
seegras in die blou golwe.

Hoveel mense sal weet
hoe om die huweliksbed in die ander wêreld op te maak?
Al my drome in vorige lewens was om ’n vrou te ontmoet
vir wie ek selfs my grootste sielsmart kon gee.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence