29.4.19

"wat is die mens"

Laat ek my verwonder
aan die wonder van jou:

jý—mens—wat beide duister en lig is,
beide demoon en verlig is,
staan regop, kop orent en kyk die dieptes
van donker heelalle en diepste sielle binne
en sien hoe jý—mens—gewigtig is:

dat jou doen en jou late
bewonderingswaardige
gravitasie het—
dat jy kan seermaak en heelmaak
en doodmaak en liefdemaak

—jou elke denk en daad
is sakraal en verraad.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence