Showing posts with label bevrugting. Show all posts
Showing posts with label bevrugting. Show all posts

28.1.15

Kretaanse krygers

Op Kreta stamp die hitte
hulle kaal lywe bullerig
—sout en semen puls bloederig
uit hul wonde uit, rol stywe spiere langs,
drup van gespanne kurwes af—
soos die Cycladese pols hulle:
van binne tot buite,
van koppe tot kuite.

Selfs die grootte Zeus, óók hier gebore,
het skone Europa in Kreta se buitelug
met sy geëlektrifiseerde saad bevrug.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

11.6.12

Belydenis

August 2006

Ek dans met haar. Vat haar styf
om die lyf. Speen aan haar peul-
bors. Hawe haar kors tortuur tong
in my mond. Stort my ongebore
half-kinders in haar kreng brakbuik.
Miopies beskou ek haar vigs
minnenswaardig. Noktambulis
eienaardig is my sinlike wellus
vir haar. Sonde is my houvrou.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

28.4.11

Boervrou

my vrou is 'n boervrou
my boervrou spit in die tuin
sy spit die aarde in klowe oop
groot vrugbare oopwondklowe
met haar groot ysterspit

soos Agdistis is my vrou
my boervrou bevrug Moeder Aarde
kloof haar oop en stort haar saad daarin
my vrou is 'n vrugbaarheidsgodin


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

15.4.11

Planttyd en oestyd

Planttyd

My vriendin,
hoog is die tyd dat ons plant.
Jou klam rooigrond is oopgekloof,
ruik vars, ná reën.
My saaier staan
met saaisak volgestop,
krop na bo, paraat.

Oestyd

My vriendin,
waar is die hoogtyd van die oes?
Jou veld staan appelboog –
ek áppel dat dit pluktyd is.
My maaier staan bakhand
aan jou suidland en wag.

Daar’s geen oes sonder plant nie,
maar óók nie saai sonder maai nie!



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

11.4.11

Jy reën op my

Jy reën op my soos op ’n woestyn,
met vrugswaar druppels
waaraan jy lank gegroei het
en toe dit sappig is van liefde
uit jou hart gesnoei het.

Jy’t mandjies vol oor my kom gooi.

Nou’s my hart besaad met jou.
Nou’s my land bevrug van jou.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence