heelnag bly ek wakker en wag
ek wag vir die dag soos 'n uil vir 'n muis
ek wag vir die horison om haar wye dye
nes 'n tydskrif op die middelblad oop te val:
geboorte te gee aan 'n blinknuwe son
(want elke dag verdien 'n nuwe een)
waarvan die nánag nog aan sy naelstring klou
soos 'n kleuter wat vashou aan 'n balon se tou
die heelnag bly ek wakker om dit te sien
want niks is vanselfsprekend nie
nie jy nie
nie eens die son nie
... Sanko Lewis