’n poustertveeroog ritseling
’n uit-die-hoek-van-jou-oog
gewaarwording
net-net buite gryp
reënboogonbegryplik
on(be)grypbaar
vroem-vroem
hommel dit:
dié gevleulde
saffiergeskibde
lugvissie
wat fantoomagtig
—néé, kwantumagtig!—
flits en spiets
tussen hiérdie
realiteit
en dáárdie
werklikheid
is dié geringe dingetjie ég?
is dié vonkagtige spitseltjie reg-
tig voëltjie?
en skielik weg!
... Sanko Lewis
No comments:
Post a Comment