Dis sewe minute voor twee in die oggend.
My oë is herfsblare en my gedagtes lewe
binne-in gedagtes. Dis in hierdie seisoen
dat ek terug dink aan toe ons nog saam was.
As ek terugskou is jou oë bronstige mossies
wat opgewonde harlaboerla in bevlamde voëlvry
oggende. Jou mond is ’n heliograverende son.
Op jou tong broei lou neseiers waaruit
die mooiste malmokkies kom. Rondom
twee uur blom jy opnuut soos krismisrose
in my bebloosde verbeelding op. Harteliefie,
my basterappelliefie, dis middernagtelike ure
hierdie. Los jou goëlery met my. Môre
as die mossies se kletsery my wakker het
gaan ek terug dink aan nou,
en sien hoe die nag anders in die daglig is.
Laat my rus, laat my dit toe,
omdat die verlede in die hede anders is.
Gaan terug, gaan slaap.
Gaan terug na heinde
en verte toe.
... Sanko Lewis
en, dan natuurlik
ReplyDeletehierdie ene
die mooistes van al jou mooi
so intiem
kosbaar
dat dit vreeslik baie
energie vat om selfs net te verbaliseer
hoe persoonlik
dit my raak!
- dankie!
So sit twee skepsels aan weerskante van die planeet en huil oor soortgelyke spoke.
ReplyDelete