4.7.12
Die Tafelbergsutras
Laat val jou oë met vergenoegdheid op die blou
bo die baai, dan sien jy hom—Gautama—ewiggroot
in sy missag mantel sit: kruisbeen en vriendelike
soos 'n boeppens Khoi, kalbas en al, op Tafelberg.
Sien hoe raak sy regterhand met lenige
songeel vingers die berg se bronsbruin wand:
hy roep haar as getuie—Mara se sondige land—
Suid-Afrika is stampvol lyding: selfsug,
onvergenoegdheid, 'n bronstige honger.
Die Boeddha sit hier op ons stoep
en weerskante die kongōrikishi:
hoe gepas díe Duiwel en díe Leeu
om die heilige Siddhārtha op te pas.
“Wat maak hy hier?” en hy verdwyn.
“Hoekom sit hy daar?” en hy is weg.
die moordenaar ken hom nie
die dief kan hom nie besit nie
die hoereerder kan hom nie aanraak nie
die leunaar word nie gehoor nie
die dronkaard kan nie besin nie
Maar die Boeddha bly barmhartig:
Die agt voetslaanpadjies lei tot by sy
voete wat tussen die fynbos en proteas rus.
... Sanko Lewis
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Besonders!
ReplyDeleteDankie, Boer.
ReplyDeleteSoos ek dink jy weet, tap die gedig uit verskeie Boeddhistiese gedagtes.