4.8.12
Korea -- 'n skets
Op rit in 'n bus
sit ek langs 'n suikerkluitjie ouma
wat strikke in haar doolhofhandsak
gestel het en 'n vet naartjie gevang het,
wat sy met haar knoloog hande afslag,
ontvel, en sonder simpatie in twee skeur,
en 'n lou warm halwe karkas in my
(die uitlander) se peervlees hande ploks.
Moko* sê sy en ek eet gehoorsaam. Ek eet
Korea se gasvryheid totdat my mond
oorloop van sojamelk en heuning.
* Moko 먹어 is 'n verbuiging van die Koreaanse werkwoord mokda 먹다, "om te eet".
... Sanko Lewis
Labels:
gasvryheid,
Korea,
Koreaans,
kos,
ouderdom
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
So 'n tipiese beeld van die medemenslikheid hier in Korea. Dis veral vir hulle 'n prioriteit om kos te deel. Dis nou een ding wat altyd moet gedeel word.
ReplyDeleteHierdie medemenslikheid (정) is nog meer sigbaar op die platteland as in die stad, en dit is dan ook 'n persoonlike ervaring op 'n bus in die Koreaanse platteland waarvan hierdie 'n skets is.
ReplyDeleteNee, natuurlik is dit ook weer waar. Dis een gebied waarop ek gelukkig is. Geniet jou vakansiedag more!
ReplyDelete