28.9.25

Feste se lied

’n Vryvertaling van Feste se lied in William Shakespeare se Twelfth Night, Bedryf 4, Toneel 2.

Kom hierheen, kom hier, dood,
en laat my in smartlike sipres lê.
Vlieg weg, vlieg weg, asem:
ek is afgeslag deur ’n mooi-wreed vrou.
My wit doodskleed, oral om met yf gestik,
o, berei dit voor!
Want nimmer een het my porsie aan die dood
so trouhartig gedeel nie.

Nie ’n blom nie, geen soete blom
mag op my swart kis gestrooi word nie.
Nie ’n vriend nie, geen vriend begroet
my arme lyk waar my beendere gegooi word nie.
’n Duisend-duisend versugtings gegiet...
ag, laat my tog net lê, daar waar
hartseer opregte geliefdes nooit my graf mag vind
om daar te ween nie.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

No comments:

Post a Comment