28.12.12

Onthou U Here?

Onthou U Here, daardie aand toe ek kom smeek het?
Dit moes 'n wintersaand gewees het,
want die benoudheid van my klaaglied
het soos 'n natgereënde jas koud om my geklou.

Onthou U Here, hoe ek onbaatsugtig, soos Christus u Seun,
nie om my eie welstand gepleit het nie?
maar vir die van mý seun—totdat my hart bloed gesweet het
en ek die voete van die olyfbome met my trane gevoed het.

Onthou U Here, hoe ek my vertroue soos 'n diertjie
in die linne van geloof na u altaar gebring het?
Hoe ek gesnik het, Here, “spaar tog my kind van díe verdriet,
want U is God en U is Goed, laat u goeie wil geskiet!”

Is dit Here, omdat ons nie u Seun gespaar het nie
dat ons seuns ook nie die noodlot vry spring nie?
Here, is U toe al die tyd moedswillig soos 'n kind,
daarom dat U my kind deur wolwe laat verslind?

Onthou U Here, daardie aand toe ek kom smeek het?
Was my pleidooie dan gekaap óf misplaas óf verskeer?
Hoe anders moet ek dan u stilswye interpreteer?
Is dit Here, omdat ons nie u Seun gespaar het nie?


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

9.12.12

As jy net 'n droom is

As jy net 'n droom is, vertel my gou
sodat ek nie my hart verloor aan jou
nie; en as jy net 'n spook is, sê dan wha!
dat ek om genade van Bo kan vra;
en as jy miskien 'n visioen is, laat my weet,
sodat ek kan gaan soek na 'n profeet;
maar as jy eg is, kom soen my dadelik,
want hierdie onsekerheid is ondraelik.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

30.11.12

engines

fire and water copulates       momentum
a women heaving in labour       puffs of steam
a caravan of steel cross land       state       country       continent

horse power kicks       the driver back in his seat
worlds pass in ribbons       lives flash before eyes
the F-1 grinds       the cosmos into fumes of noise

it's arms swirls       meditatively like a Sufi
until it breaks all ties with this world       chopping space-time asunder
the helicopter is enlightened       therefore it levitates

a cat chasing       electric mice
a hawk swooping       binary quail
it catches bytes       imprison them behind liquid crystal veils




... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

29.11.12

Winter


alles skitter
op klip en klei
teer en plavei
selfs gras is glas
die wêreld is kraakvars
die ganse heelal
is kristal



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

20.11.12

niks is vanselfsprekend nie


heelnag bly ek wakker en wag
ek wag vir die dag soos 'n uil vir 'n muis

ek wag vir die horison om haar wye dye
nes 'n tydskrif op die middelblad oop te val:
geboorte te gee aan 'n blinknuwe son
                (want elke dag verdien 'n nuwe een)
waarvan die nánag nog aan sy naelstring klou
soos 'n kleuter wat vashou aan 'n balon se tou

die heelnag bly ek wakker om dit te sien

want niks is vanselfsprekend nie

nie jy nie

nie eens die son nie



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

22.10.12

as ek kon


'n Vertaling uit Engels van my gedig "A Love Proposal"


as ek
my hart soos 'n perske kon oes
dit uit my bors kon pluk
uit die hok kon steel
die aorta af kon bind soos 'n naelstring
dit kon afwas en toedraai in linne
dit met bies kon versterk teen die koue
en dit kon neerlê in 'n mandjie
versier met 'n groot strik—groot soos 'n hand;

as ek
dit voor jou deur kon los
dit vir jou soos 'n ring aan jou vinger kon gee
óf soos die lewensasem Adam ingeblaas
óf soos lente—opgekrul in die palm van God se hand
nes 'n baba krimpvarkie;

en as jy
dit sou aanvaar, dit sou inasem,
dit sou inneem soos soet perskes,
medepligtige sou wees aan die gevangenisontsnapping,
as jy jou bors sou bied vir bies en liefde,
jou borskas sou deel met 'n ekstra hart—om passievol
jou bloed te pomp;

as ek kon,
en as jy sou,
behoort my hart aan jou.




... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

5.10.12

Tronkvoël se wraak

Met verwysings na William Blake se "How sweet I roam'd from field to field" en Maya Angelou se "I Know Why the Caged Bird Sings".



jy verf jou mure hemelblou
en vang my met 'n net
jy tronk my in 'n voël se kou
en hang my bo jou bed

deur die tralies steek jy stokkies
jy skeer met my die gek
hoeveel ander is in hokkies
versteek in jou woonplek?

jy voer my kamma-liefdetjies
winkoog en blaas soene
'n man soek meer as krummeltjies
leegdop visioene

'n gehokte voël kan óók fluit
'n klaaglied is óók mooi
'n tronkvoël sing oor vryheid
en oor predator en prooi

eendag is eendag en ek is vry
ek weet tog waar jy bly
ek gaan jou aan die keel beet kry
jou koue hart uit sny



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

30.9.12

The Heist

Dragonfly hovers, then lands upon your lips—a sealed lotus—
and with its soft touch picks the lock. Slug gently oils the hinges.
The bulb relaxes, slightly parts—just enough for Tadpole!
He slips in, slides through the corridor, locates your levers
and opens wide the gate. My mouth manoeuvres to the exit
as I patiently await your attempted escape.
When you exhale, I swallow your spirit in one ecstatic gulp.
With this kiss I seal you in me. Thus blackmailed,
you dip your tongue in my ink and sign on the dotted line.
The contract reads: I am yours; you are mine.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

27.9.12

'n Opebrief aan my hartedief


Geagte Hartedief,

Onder huidige omstandighede is dit seker gepas dat ek u gelukwens met die suksesvolle kaping van my hart. U flink optrede en ratse voetwerk was welgedaan en soos dit enige ordentlike kaping betaam was die gebeurtenis heeltemal onverwags en is ek totaal omkant gevang. Ek bespeur in u dade dat u 'n meester hartkaper is en neem aan dat u al vele harte moes gekaap het om hierdie vlak van professionele vaardigheid te kon bereik. Ek beskou dit dus as 'n eer om die slagoffer van iemand so bekwaam soos u te wees.

Nogtans kan ek nie help om oor die sportmanskap van die voorval te peins nie. Ek verstaan dat die sukses van 'n kaping is juis gesetel in die onvoorsiene aard en oorweldigende skielike aggressie van die daad. Tog dink ek dat die diskrepansie in die vernuftigheid van die predator teenoor die onbekwaamheid van die prooi 'n jammerlike teleurstelling vir u moet wees. Vergewe my voorbarigheid, maar ek vermoed dat weens u bemeestering van u roeping u nie meer dieselfde genot daaruit put as in die verlede nie; dat dit nie meer dieselfde uitdaging bied as voorheen nie; dat die adrenalienvervoering baie minder is as van te vore. Gun my asseblief dan nou die geleentheid om 'n voorstel te maak wat ek van mening is u weer die opwinding te laat voel wat u ervaar het toe kanse van u sukses effe minder verseker was as nou.

Ek is van veronderstelling dat die plesier ontgun uit 'n hartkaping nie net daarin lê om 'n ekstra hart te besit nie, maar eerder die hele proses om 'n hart te bekom. Die pret is grootliks gesetel, sou ek dink, in die spreukwoordelike reis, eerder as die einddoelwit. Veronderstel dan dat daar was 'n kandidaat wat ervaring het om prooi te wees vir 'n hartskaping—so 'n ervare individu sal vanselfsprekend meer paraat wees en minder voor die handliggende prooifoute begaan. Die kandidaat mag selfs van strategieë gebruik maak om 'n toekomstige kaping te bemoeilik. Ek is seker u sal saamstem dat so 'n prooi weer 'n opwindende sportiewe element sal terug bring na die kapingsproses deur die vervelige voorspelbaarheid van 'n kaping effe te kompliseer—en wat sekerlik vir iemand met u uitnemende vermoeëns sal intereseer. Selfs 'n luiperd verkies 'n duiker bo 'n dassie.

Dit is met bogenoemde in ag dat ek myself as toekomstige kapingskandidaat aanbeveel. As 'n voorheengekaapte is ek eerstehands vertroud met die proses. Ek het ook reeds begin om myself bewus te maak van sekere kapingsverhinderingsmetodiek en glo dat ek die kapingsproses genoegsaam uitdagend vir u sal kan maak sodat u weereens die genot daaruit kan put wat u eens gehad het, maar wat intussen verflou het. Al wat nodig is om weereens u eertydse opwinding te herleef, is om my hart—tydelike, natuurlik—aan my terug te besorg en om aan my 'n gepaste voorsprong te gee.

Ek is oortuig dat die uitvoering van my voorstel weer u genot sal kan vernuwe en hoop daarom dat u dit ernstig sal oorweeg.

Beste wense,

Hartverlore



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

21.9.12

Art of War


Fingers—the virile cavalry of my hands—graze
over the lush mountains of your calves, gain ground
over muscled thighs, sink and anchor in the bulged
lotus pedestal of your centred hips.

With your foundation so seized, victory is assured:
My lips need merely fingertip your heaving chest
or my tongue but scarcely wet the pulsing of your neck
and all your hesitant suspension collapses.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence