23.12.13

Eendag is eendag / One day for sure

Eendag is eendag

Eendag gaan ek jou nog afskud
soos 'n perd sy inbreker
of soos bloed van hande,
of soos 'n verantwoordelikheid,
of 'n ou tradisie, 'n superstisie,
of watter ander derglike dekselse ding
waarvan 'n mens jouself van kan afstroop,
jouself van kan afwas, van kan detoks,
kan opkots, uitkots, wegtos.
Eendag gaan ek dit nog regkry
om myself los te skud van jou,
myself los te wringel uit die doringbos,
myself—en my hart—te bevry.

Eendag is eendag. Maar nie vandag nie.



One day for sure
One day I will yet shake you off
like a horse it's trainer
or like blood from hands
or like a responsibility
or an old tradition, a superstition
or whatever other such damned thing
one can strip oneself off of, 
one can wash oneself clean of, one can detox of,
one can vomit up, puke out, toss away.
One day I will yet succeed
in shaking myself loose of you,
in wriggling myself free from the bramble bush,
in freeing myself—and my heart—from you.
One day for sure. But not today.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

22.12.13

Die vergenoegde digter

die vergenoegde digter
sit sy veerpen neer
gooi 'n sakdoek oor sy tikmasjien
maak die woordverwerker toe
en klik op YouTube

die vergenoegde digter
se hart het nie meer pleisters nie
die littekens is vaag en vergete
sy maag is vol, sy keel is klam
hy het vrede met sy gewete

die vergenoegde digter
is oud, getroud, sy tollie krom

die vergenoegde digter
se hart is lou, se siel is stom.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

12.12.13

allermins / after all

allermins

dit is, allermins, hoe die lewe is.
mense sterf. daagliks. alleen of in groepe.
maar vir ons sterflikes
is daar geen aardskuddings,
is daar geen sonsverduisterings nie.
die blou tol draai voort.
die geel gloeilamp skyn aan.
sonder wankeling.
sonder flikkering.
sonder simpatie.
sonder nabetragting oor die sterflikheid
van die kortstondige sterflikes.
want dit is, allermins, hoe dit is.
om te lewe is om te sterwe.
nie Vader Son nóg Moeder Aarde
gee 'n dêm om nie.

maar vir wat dit werd is, my geliefde,
ek gaan jou mis.



after all
this is, after all, how life is.
people die. daily. alone or in groups.
but for us mortals
there are no earthquakes,
there are no eclipses.
the blue top continues to spin.
the yellow lamp continues to shine.
without wobbling.
without flickering.
without sympathy.
without musing over the mortality
of us momentary mortals.
because this is, after all, how it is.
to live is to die.
neither Father Sun nor Mother Earth
gives a damn.
but for what it is worth, my beloved,
i will miss you.  


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

25.11.13

gun g'n

Jy draai jouself op my soos 'n rug
soos 'n koue skouer gun jy my g'n
huilplek nie, g'n troosplek teen jou bors nie.

Jy lees my e-posse, kyk na my tekse
maar gun g'n repliek nie, wys geen verlange
of verdriet nie.

Het jy my dan nie op 'n tyd lief gehad nie?
Of het ek jou koulikheid misgis vir oulikheid?
My mistake.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

1.11.13

A Bridge's Lamentation


One would be tempted to think the purpose of a bridge quite obvious, would one not? To connect the unsurpassable; to link the estranged; to make a way where there seems none between points, events, circumstances. The whole reason for a bridge’s construction is to provide an alternative means; to give an opportunity where none exist or supply a better way if the former is too difficult; to provide a solution. And even if one has no need of any particular bridge, even if one need not journey from one’s current A to whichever B that particular bridge provides a means to, still the bridge ought to stand as a reminder for all life’s bridges, ought to symbolize the hope which every bridge is a symbol for. To make such assumptions, to come to these conclusions, seems obvious—even natural—do they not? Obvious. Natural.

Then why do they jump?


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

23.10.13

'n Poësie-les

Ons is tans besig met die skryf van gedigte in die skryfkunsklas wat ek aanbied. Die opdrag vir vandag se klas was om 'n gedig te skryf na aanleiding van die tema "Beautiful Death". Gedurende 'n breinskrum het twee woorde navore gekom, "sacred" na aanleiding van "beautiful" en "tragic" na aanleiding van "death".

My wenke vir die skryf van gedigte sluit in om abstrakte stellinge (soos "sacred" en "tragic") konkreet te maak deur die gebruik van beelde en metafore, en om met gevoel te kommunikeer.

"Give me concrete examples of something sacred and of something tragic," vra ek.

"A mother's love," antwoord een student.

"Good. Now give me an example of something tragic."

"Cancer," antwoord 'n ander student.

"That's a good image: a mother's heartache over her child dying of cancer. However, cancer is still very abstract--how can we make it even more emotive? How can we make a more visceral image?"

In plaas daarvan dat die studente met meer konkrete beelde en metafore vorendag kom, gee hulle net meer sinonieme vir pyn en ongemak. Een student stel tandpyn voor. "Tooth ache is as terrible as cancer?" vra ek retories.

Uiteindelik besluit ek om self beelde te skryf as voorbeeld van hoe om die tragedie van 'n kind wat aan kanker sterf en 'n moeder se verdriet te illustreer. "Cancer can be personified as a monster of some kind," is my voorstel, "some terrible creature ripping apart a child -- and imagine the mother helpless to protect her child against such a monster."

Hier volg my kort gediggie.

Cancer

A hyena
      eating a child from the inside out
A mother
      cradling an inverted corpse

Hulle huiswerk vir volgende week se klas is om 'n vers te skryf oor die tema "Triumph / Victory". My instruksie aan hulle was dat die gedig op 'n pertinente wyse die gevoel van triomfantlikheid moet kommunikeer, soos my gedig hierbo die afgryslikheid van 'n kind wat aan kanker sterf kommunikeer.

Waarom maak jy dit nie ook 'n persoonlike uitdaging nie? Skryf 'n gedig oor "triomf", en as jy konstruktiewe terugvoer wil hê, deel dit gerus met my.




... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

1.10.13

Wat om met 'n geheim te doen / What to Do With a Secret

Wat om met 'n geheim te doen

Wanneer jy die albatros
(swaar soos 'n siekte)
nie langer wil dra nie,
soek, met 'n sielsoeke, na 'n boom.

Dit moet 'n gróót boom wees:
'n skaduwee van daardie éérste boom
van kennis van goed en van kwaad;
'n boom wat die gewig van 'n geheim
tot ná die derde en die vierde geslag kan dra.

'n Kremetart sal deug
of 'n ou plaasbloekom
of 'n akkerboom
wat vir generasies
lank kan swyg.

Wanneer jy die régte ene vind,
soek vir 'n leë houtkappernes
(of as dit moet, maak self 'n gat
met waarheid en flymskerpwoorde)
en vou jou hande buis daarom.

En dan, soos die ou Sjinese
wat wel bekend was met allerlei rituele,
fluister jou geheim die holte binne

en vinnig—voor die vlugtige ding kan vlug!—
smeer die gat haastig toe met modder
en seël dit met 'n soen.

Dis wat jy met 'n geheim moet doen.

Óf, belei dit. Op eie risiko.



What to Do With a Secret
When you don't want to carry the albatross
(heavy like an illness) any longer,
search, with a soul search, for a tree.
It must be a big tree:
a shadow of that first tree
of knowledge of good and of evil;
a tree that can carry the weight of a secret
until after the third and the forth generation.
A baobab will do
or an old farm eucalyptus
or an oak
that can keep quiet
for generations.
When you find the right one,
search for an abandoned woodpecker's nest
(or if need be, make a hole yourself
with truth and sharp words)
and fold your hands around it.
Then, like the ancient Chinese
who were well versed in all types of rituals,
whisper your secret into the hole
and quickly—before the volatile thing can flee!—
cover it hastily with mud
and seal it with a kiss.
That's what you should do with a secret.
Or, confess it.
At your own risk. 

24.9.13

’n sms in perspektief

die heelal ʼn balkon
die buitelig ʼn son
die motte is planete
die muggies is komete

daai geitjie ʼn gravitasiekolk
en jou sms: ʼn dolk
met gelaktiese gevolge:
aan kosmiese wonde
bloei my siel leeg

ek is geweeg: te lig gevind?
hoe is jy van die liefde ontblind?

ligjare ver sterf ek—
sedert die Grootknal al
is ek aan die vrek,
nes die ganse grote hele heelal—

jou sms kom reeds soos die eerste sonde
en ek sterf soos Christus aan Adam se wonde



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

20.9.13

Herfs in Korea

soos opvoustoele waggel geknakte tantes

onder goddelike hoë akkerbome en pluk
met lou eensame hande stowwerige akkers
– slakglad – uit die grond. geen sug of kreun
verklap die weiding nie, want die statige gode
gee; al gee hulle suinig en stadig en afsydig.

winter is oppad. sy hurk soos ’n glibberige padda
agter rusland se berge en hou met wolfteefoë
die moeë tantes dop. haar tong lê afgerol soos
’n kadawer. haar pisnatsnoet stoom. daar is oorlog
in haar wasemde asem.

maar dis die blare wat protesteer. die vurige blare
paradeer soos gouefisanthane; vlamtrosse aap
hardnekkig aan die takke en roep soos shamane
na die son met gekreukelde, geverfde gesigte.
protes tot die dood.

korea is moeg. moeër as die tantes. moeër as die akkers.
moeër as haar verkragte oewers, tot drekklei
en strontsand getrap deur japanese, sjinese, russe,
mongoliërs, jagse amerikaners, arm suid-oos asiërs
wellustig vir die tantes se rys en akkerbredies.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

Blom

Vryvertaal uit Koreaans vanaf 'n gedig deur Kim So-yeop


My liefling!
Jy's nie 'n man nie.
My liefling!
Ek is nie 'n vrou nie:
Nie man of vrou nie, maar mense.

Die oggenddou was sewekeer
die kiem van ons liefde –
laat 'n naamlose saad:

Ek wil jou tuin heen gaan
en in besonderse bloeisels blom.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence