- jou kadawer opgrawe en die pulwer
afstof soos ’n ornament uit ’n kis - alchemis speel; êrens die elixir steel
en jou verdorde bloed daarmee kwik - jou vleis uitbou met klei en jou vel
met sag gespinde sy span - bolletjies see in my hand rol totdat dit jel
en dit versigtig in jou oogholtes rol - sewe kraaie se blinkste vere pluk;
jou mooie hare terug rangskik - ’n skulp se suis en ’n altviool se kwê
saam fynmaak en in jou keel inlê - asem jou droeë-koraal longe in soen
tot jy eens pienk in die wange bloem - sonder aankondiging jou by die hand gryp,
strand toe hardloop en kaalvoet trou
[maar ek kan nie,
en dis nie lekker nie]
.... Sanko Lewis
Een van die mooiste gedigte wat ek nog gelees het.
ReplyDeleteDankie Anoniem.
ReplyDeleteDie gedig lê na aan die hart vir my.
terug gelees
ReplyDeleteaan jou digseltjies
en steeds stroom
warm by my oge uit
vir verstaan
vir so goed verstaan!
Liefde en verlies aan ('n ge-)liefde is gelyktydig individueel en universeel; gelyktydig 'n eiesoortig pyn en 'n gedeelde pyn.
ReplyDeleteSjoe....die een steel my woorde, maar ek moes comment...
ReplyDeleteSoos ek verstaan via 'n vriendin wat ons in gemeen het, ken jy die persoon oor wie ek hierdie gedig geskryf het.
Delete