Liefdesgedigte, erotiese verse en ander geskrifte.
18.11.11
Vergenoeg
Die mik van jou stuitjie,
jou bors, jou keelkuiltjie;
die koepel van jou dy,
jou voetbrug, jou rug;
die dons van jou mons pubis;
die lyn wat jou lippe lus;
die kegels van jou tepels;
gewis jou hele lengte en breedte—
gee my vreugde.
No comments:
Post a Comment