Liefdesgedigte, erotiese verse en ander geskrifte.
10.10.14
Platvloerstuis
Daar is ’n kraai, swartnat gereën van verdriet, en ’n kat, ewe nat en miserabel gebad in die sorge van môre, en ’n treurige hond sonder baas, en ’n sielsverskrikte kaaslose muis— almal ewe lewensmoeg en platvloerstuis in my hart.
No comments:
Post a Comment