16.8.14

Speeksel-sentiment

Vanaand het ek my tandeborsel,
met sy hartseer verlepte kapsel,
in die asblik gegooi.

Sonder 'n tandeborsel van my eie
het ek my aan jou tandeborsel,
wat vir maande reeds soos 'n verlange
geplant staan in my badkamer, vergryp.
Sal jy bly wees om te verneem
dat dit nog in 'n goeie toestand is?
Die haartjies: tril-regop soos 'n wilde
territoriale diertjie wat spoeg en sis.

En hoekom dit nie gebruik nie?
Dis nie asof jy terug kom om
die vergete wees op te raap nie.

Hoeveel ander tandeborsels was teen
hierdie tyd nie reeds intiem met jou mond
soos my mond met jou mond was nie?
Hoeveel ander tandeborsels ken nie reeds
die groewe van jou verhemelte soos net die tong
van 'n geliefde die verhewe hemelte
van 'n geliefde se mond ken nie?

Hoekom dit nie gebruik nie?
Sal ek dan gril vir dit wat ek eens bemin het?
Was jou kieme en my kieme
nie op 'n tyd mekaar se geliefde kieme nie?

Ek verbeel my ek proe jou:
en skrop my tande en vleise,
binnewange en buise—
my erektiele tong krap ek
vol van jou eentydse atome
en ent myself homeopaties
met jou peperment essensies. 

Van môre af is dit my tandeborsel
en nie meer joune nie.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

5.6.14

Ek mis jou (nuwer weergawe)

Aangepaste weergawe. Sien oorspronklike hier.


Ek mis jou.
Met elke klop mis my hart jou.

My oë mis jou lyn, versigtig getrek
met ’n Pigmalion-pen: van jou kroontjie,
jou wenkbrou, jou neus, jou heuningsoet
lippe en ken, alles kunstig uitgebytel.

My honger hande lus na jou vorme:
jou nek-skouerkromme, jou middelkurwe,
borste, dye, boude, bene, kuite, enkels, lieste,
vrug: volmaak my lekkende bakhandpalms.

Ek mis jou.
Met elke lewe mis my siel jou.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

19.5.14

Bekyk die man, op hierdie Sondagmiddag

Hy sit uitgestrek in sy glashalfleeg-dertigs in sy slaapbroek
op die sofa in sy sitkamer. Op 'n kitaar stram hy 'n paar minneurakkoorde,
en bedink melodieë en beeldryke woorde oor migrerende ganse,
en tweede kanse.

Hy lees 'n boek en vryf vertroetelend oor die pels van sy ondermaag—
lankal nie meer die gladde branderplankpens van sy universiteitsdae nie.
Vandag bly hy net so. Net só, ongestort in sy pajamas op die sofa
met 'n koppie tee en 'n boek en 'n kitaar wat naby lê, bekvol ongeborselde
tande, kopvol ongeklede gedagtes, hartvol waarvan die mond van oorloop.

Sy testes jeuk van hernude bedrywigheid
en puls vry in sy skrotum wat hy onbewustelik krap
soos 'n kat 'n krieweling agter die oor. Langs hom op die vloer
lê tissues, nat en taai met kondensmelk. Ondanks die rooibostee
wat reeds koud is, lyk hy genoeë en sien hoe die laatmiddag son
deur die agtervenster tussendeur wildegansgroen blare vir hom koekeloer.
Hulle kyk diep in mekaar se oë. Die man glimlag en knipoog.
Skaam duik die son sy kop agter die muurtjie weg.
Die man lag hardop oor hy die blosende vrykyker so betrap het.


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

29.4.14

Die jagter kom tuis

Liefie! Liefie! ek is tuis!
Liefie kyk, ek's by die huis.
Ek het vir 'n bok gejag:
heeldag by die pan gewag.

Stook die vuur, ek slag solank;
vannag fees ons vir ure lank:
en vryf ons lywe blink met vet,
ten eindelaas ons heelnag pret!


... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

27.2.14

The Universe Spins -- my studente se gedigte



Verlede semester het ek 'n skryfkunsklas aangebied. As deel van hulle finale punt moes my studente 'n skryfportefeulje inhandig met twee kortverhale en vyf gedigte. Uit hierdie gedigte het ek die bestes gekies en tydens my onlangse vakansie geredigeer tot 'n digbundel. Die digbundel is uiteindelik vandag gepubliseer as 'n e-boek. Jy kan The Universe Spins gratis aflaai by Smashwords.Com in 'n formaat van jou keuse.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

23.2.14

Herhalingsmisdadiger

2005/2006


’n herhalingsmisdadiger: vang jy my uit
as my oë die jardste keer jou clevage lek
en ek doofstomdomdwaasgek opkyk

stotterend verklaar ek; gee ek toe; gee ek mee–
ek’s skuldig
skuldig soos die see

ewe halsoorkopbommelakisiekopstampdolverlief
verlief soos bronstige branders vir rotse
só is ek verlief op jou      en op jou borste.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

19.2.14

groenweivelde

2005/2006


In die trippel van jou lippe
wat soos wolklammers
oor die blou-oog van die hemel drawwe,
les my lentestogte, my drommende driwwe,
my liestelike gierigheid.

In jou lieflike loulyf
lafenis my bronstigheid–
vind ek rus in die groen
weibemindlikheid
van jou kruine en dale.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

17.2.14

Ongetiteld

2005/2006


ín jou vuurmaakplek
wryf ek my stokkie tot jou warmmaakblokkie
senuweekooltjies spat

ons blaas
ons blaas tot die vonkies vlamvat
stook die kaggel hoog
met drifhout en met drang

totdat jy die brandklok lui

en ek met brandweerslang
                     die vure blus
      jou wellusblom nat lei

gewis: bó ons vuurmaakplek is die liefde nie



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

11.2.14

Drumpel

2006/2007


Jou lyf, plek-plek sag,
plek-plek styf,
is uitgestal.

Ek lek-lek jou lekkertes
tot jy huigend
oor die drumpel val.



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence

6.2.14

Weer

Tussen 'n menigde merk ek
hoe ek gemerk is,
uitverkies is tussen mans en vrouens
en broers en susters en kinders,
tussen vriend en vyand,
tussen bekendes en vreemdes;
hoe jy my herken, úítken
asof ons mekaar in vorige lewens
menigmaal geken het.

En sou ek in sulke dinge glo,
dan stem ek in: kom ons verken mekaar,
kom ons reïnkarneer en ontdek mekaar
van vooraf weer en bemin mekaar nog 'n keer:
een lewe om mekaar in lief te hê,
my geliefde, is vééls te min—



... Sanko Lewis
Creative Commons Licence