... Sanko Lewis
29.4.11
Gekneusde appelkose
Haar hare ruik na appelkose. Soet, vars appelkose. Ek lê met my gesig in haar hare; ek omhels haar van agter. Haar lieflike heupe kruin in my buik asof ek ’n moeder en sy my ongebore kind is en so wil ek verewig lê. Haar asemhaling is rustig nes ’n laaggety. Slaap sy altyd so rustig? Dis oggend maar ek durf nie roer nie. Netnou word sy wakker, staan sy op, begin die dag, die res van die lewe, en het hierdie oomblik aanbeweeg. Aanbeweeg soos gisteraand toe ek haar gekneusde appelkose met al vyf sintuie geproe het.
... Sanko Lewis
... Sanko Lewis
28.4.11
Boervrou
27.4.11
Perskes
Op persketakke lê soos watte die voorvrugte.
Só, op my hart blom my liefde – onverdun.
My beminde, hou nie jou rooi hart gegrendel nie:
die hart is ’n papie wat eens nog moet vlerke kry,
wat oop moet maak soos biddende hande na gebed,
soos ’n lotus voor die son, soos twee pare lippe
vir mekaar, soos bene vir bekende heupe,
soos vriende se kaalpersoonlikhede.
Want in die laat winter bot die perskes
en deur die koue groei die liefde soos tienerborste.
My beminde, hou nie jou soet mond toe nie:
laat my tong soos ’n vinger jou snare stram,
jou perkussie plekke kielie, jou diep liefdesgrotte
maak eggo soos roepende katedraalklokke,
wat luidkeels ween oor die hoog gestookte liefde
en jou brandstapel waarop ek hartstogtelik verteer.
Hoogsomer dra die perskebome swaar aan vrugte
en loop die harte oor van bloed en liefde.
My beminde, vergeet nie die ou verhale nie:
van Adam (óf Romeo) wat deel aan die giftige perskes
en deel aan die lot, want die liefde se drif vrees nie
die dood nie, dit loop doelgerig die duisternis in –
braaf soos Christus, wánt, my beminde,
die slot van die dood bind nie die liefde nie.

24.4.11
Liefde: groenlewe
'n Vryvertaling uit Koreaans van 'n gedig deur Kim So-yeop
O, die liefde:
liggroen trane.
Winters wind;
uitgerekte stilte;
'n grot;
dan skielik 'n ontploffing—
lewe ontkiem!
In 'n bors eens begrawe,
'n straaltjie liefde—
Nou, 'n vuur!
Kortvoorlank bloei
daar orals klam bloeisels—
hulle vul die hele wêreld met
gulle liefdesliedere!
O, die liefde:
'n sagte liefdesasem
wat uit 'n brose boesem ontkiem
tot 'n besonderse
groen lewe!
... Sanko Lewis
O, die liefde:
liggroen trane.
Winters wind;
uitgerekte stilte;
'n grot;
dan skielik 'n ontploffing—
lewe ontkiem!
In 'n bors eens begrawe,
'n straaltjie liefde—
Nou, 'n vuur!
Kortvoorlank bloei
daar orals klam bloeisels—
hulle vul die hele wêreld met
gulle liefdesliedere!
O, die liefde:
'n sagte liefdesasem
wat uit 'n brose boesem ontkiem
tot 'n besonderse
groen lewe!
사랑은 초록빛 생명 -- 김소엽
생명은 빛으로 오네
사랑은 연초록
눈물로 오내.
겨울 바람
침묵의 기나 긴 동굴
오랜 기다림 끝에
참고 참아 터뜨린
생명의 발아(潑芽).
가슴에 묻어 둔
한 줄기 사랑
이제 불이 되었네.
새 순 돋듯
물기가 돌고
처음으로 내다본
세상 가득 환희의 아가(雅歌).
사랑은
보드라운 연록의 숨결
여리고 순한 가슴에서
아, 찬란한
초록빛 생명이여
... Sanko Lewis
22.4.11
Ek wens ek kon:
- jou kadawer opgrawe en die pulwer
afstof soos ’n ornament uit ’n kis - alchemis speel; êrens die elixir steel
en jou verdorde bloed daarmee kwik - jou vleis uitbou met klei en jou vel
met sag gespinde sy span - bolletjies see in my hand rol totdat dit jel
en dit versigtig in jou oogholtes rol - sewe kraaie se blinkste vere pluk;
jou mooie hare terug rangskik - ’n skulp se suis en ’n altviool se kwê
saam fynmaak en in jou keel inlê - asem jou droeë-koraal longe in soen
tot jy eens pienk in die wange bloem - sonder aankondiging jou by die hand gryp,
strand toe hardloop en kaalvoet trou
[maar ek kan nie,
en dis nie lekker nie]
.... Sanko Lewis
20.4.11
Koning
19.4.11
voor die tv
18.4.11
rara-proposisie
Laat my in jou nes kom
broei soos ’n lemoenduif.
In jou nis sal ek nokturnes
koer. Uit die snoesigheid
sal ek knoestig my vere pronk
tot jy dronk gesidder is.
As jy my in jou nes laat lê
sal ek jou met vet ruspes voer.
Ek sal pikkerpik vir vlooitjies,
en jou veertjies mooitjies
terug rankskik. Laat dié
rara avis jou mons pubis
moffel tot jy genoeë is.
... Sanko Lewis
broei soos ’n lemoenduif.
In jou nis sal ek nokturnes
koer. Uit die snoesigheid
sal ek knoestig my vere pronk
tot jy dronk gesidder is.
As jy my in jou nes laat lê
sal ek jou met vet ruspes voer.
Ek sal pikkerpik vir vlooitjies,
en jou veertjies mooitjies
terug rankskik. Laat dié
rara avis jou mons pubis
moffel tot jy genoeë is.
... Sanko Lewis
16.4.11
Aan 'n vreemdeling
'n Vryvertaling van "To a Stranger" deur Walt Whitman.
Verbygaande vreemdeling! Jy weet nie
met watse verlange ek na jou kyk nie:
Jy moet hý wees, of sý wees,
waarna ek in my drome soek.
Ek het sekerlik êrens
'n lewe vol geluk met jou gelewe:
Elke herinnering hernu in ons verby vlie—
vloeiend, vlyend, vlekloos, volwasse.
Jy het saam met my groot geword;
was 'n seun saam my of 'n dogter saam my:
Ek het saam met jou geëet, geslaap; jou liggaam
nie slegs joune nie en my liggaam nie slegs myne nie.
In ons verbygaan gee jy my die plesier
van jou oë, jou gesig, jou vlees:
In ruil neem jy my baard,
my bors, my hande.
Ek's nie veronderstel om met jou te praat nie;
mag alleenlik aan jou dink:
Wanneer ek alleen sit of snags alleen wakker word,
sal ek wag—ek twyfel nie in ons herontmoeting nie.
Ek sal daartoe sien—jou nie weer verloor nie.
... Sanko Lewis

Walt Whitman - To A Stranger by poetictouch

15.4.11
Planttyd en oestyd
Planttyd
My vriendin,
hoog is die tyd dat ons plant.
Jou klam rooigrond is oopgekloof,
ruik vars, ná reën.
My saaier staan
met saaisak volgestop,
krop na bo, paraat.
Oestyd
My vriendin,
waar is die hoogtyd van die oes?
Jou veld staan appelboog –
ek áppel dat dit pluktyd is.
My maaier staan bakhand
aan jou suidland en wag.
Daar’s geen oes sonder plant nie,
maar óók nie saai sonder maai nie!
... Sanko Lewis
My vriendin,
hoog is die tyd dat ons plant.
Jou klam rooigrond is oopgekloof,
ruik vars, ná reën.
My saaier staan
met saaisak volgestop,
krop na bo, paraat.
Oestyd
My vriendin,
waar is die hoogtyd van die oes?
Jou veld staan appelboog –
ek áppel dat dit pluktyd is.
My maaier staan bakhand
aan jou suidland en wag.
Daar’s geen oes sonder plant nie,
maar óók nie saai sonder maai nie!
... Sanko Lewis
Subscribe to:
Posts (Atom)