... Sanko Lewis
4.6.26
Kolibrie
... Sanko Lewis
2.6.26
Wandelen voor geesteszieken
... Sanko Lewis
29.9.25
The Alchemist’s Lament
by mortar-and-pestle be procured?
Or, the living breath be bottled-up
and so extension be insured?
Oh, how that flitting spark denies
another vessel as its cup!
Alas, when that Great Solstice comes,
cloaked in shadow and decay,
both light and life smothered be:
the spritely vivacity falls away.
And no test tube or pipette,
no ointment, no tincture, no ritual nor prayer
has yet—or ever shall—exhume
the Secret of what once was there.
Originally published in An Introduction to Poetry Theory (2025).
... Sanko Lewis
28.9.25
Feste se lied
Kom hierheen, kom hier, dood,
en laat my in smartlike sipres lê.
Vlieg weg, vlieg weg, asem:
ek is afgeslag deur ’n mooi-wreed vrou.
My wit doodskleed, oral om met yf gestik,
o, berei dit voor!
Want nimmer een het my porsie aan die dood
so trouhartig gedeel nie.
Nie ’n blom nie, geen soete blom
mag op my swart kis gestrooi word nie.
Nie ’n vriend nie, geen vriend begroet
my arme lyk waar my beendere gegooi word nie.
’n Duisend-duisend versugtings gegiet...
ag, laat my tog net lê, daar waar
hartseer opregte geliefdes nooit my graf mag vind
om daar te ween nie.
... Sanko Lewis
13.9.25
Langsamerhand
langsamerhand
gly my linkerhand
jou regter een verby:
ons pinkies
—fladderende vinkies—
ontmoet,
groet in vlug
en land weerskant
van ’n olyfboomtakkie:
op hierdie rakkie
en met been en vlees
word ’n nes geweef.
Hier sal ons droomblou
gespikkelde eiertjies
lou-lou uitbroei,
en om die beurt sal ons
die ruspes bring,
totdat ons drome
self kan sing.
... Sanko Lewis
10.6.25
Stap vir sielsiekes
op ’n oeroue voetslaanpad
deur ’n bos, deur ’n woud;
en tussendeur smarag en jaspis,
olivien en goud
drup die son
in slierte stroop.
[Dié beskrywing is te mooi
vir die donkerrooi van depressie.
Maar, helaas, dié wandeling
het in die somer gebeur,
nie die herfs nie.]
Daar word onthou: mistige beelde
en buikgevoelens word krits-krits met elke trap
op die wandelpad herkou: herinneringe
tot bolusse gekou en met heimwee afgesluk
en weer onderdruk vir ’n ander keer se stap
deur bos, of woud, of strandlangs
onder ’n laatmiddagson
wat soos ’n oorrypvrug
uiteindelik val, rol, kneus,
skielik skimmel en vergaan
(of onder ’n koel middernagmaan
wat weet hoe om te terapeut
wanneer die hart nie woorde het nie).
... Sanko Lewis
8.3.25
Serenade everything—everywhere
... Sanko Lewis
Give me your hand
... Sanko Lewis
29.9.24
Laat my hier alleen
... Sanko Lewis
16.7.24
'Nothing besides remain'
here I sit on a sticky carpet
black with blood
spilled from my heart
after you slit your wrists
it was my lungs that drowned
in the brine that poured
from my besotted eyes
when you walked into the sea
my tongue that gagged and choked
my heart that raced, then stopped
when you kicked the chair
and swung the rope
when you inhaled the fumes
and shut your eyes
against existence
it was my reality that broke
when—in infidelity—you fellated
the barrel and let it shoot
its load into your mouth,
it was my sanity that exploded
Beloved, I’m sure your venture led to peace,
for here—now that you are gone—
none remains, but the decay
of this colossal Wreck
... Sanko Lewis
Die opstanding van Eva
Die Opstanding van Eva
3 November 2006
Soos ’n kind slapies tel vir Krismis,
só wag ek vir Jesus om die son te gryp,
dit met sy hande plat te spin nes pizza-deeg
en dié goue kleed as pantser om sy breë skouers te gooi.
Ek wag ongeduldig dat hy op die rug
van sy gunsteling cumulus moet spring.
Die wolk sal eers nukkerig sy wollerigheid afskud,
dan groot wit vlerke ooprol soos seile op ’n skip,
en eindelik, met wit spiere, soos ’n padda spring
– Aarde toe.
My Here se ligkleed sal hom volg soos ’n vurige rivier;
sy gevleuelde weermag gewapen
met pikke, spitvurke en grawe, agterna.
Dis oestyd.
As die trompet blaas – die skof aankondig – begin die delwery.
Ek gaan een engel om die hals gryp soos Jacob.
“Wys my! Wys my mý engel se graf!”
Ons gaan draf, ’n ewigheid naby,
tot waar my slapende skone lê.
Die toneel is laf:
’n Dooie wat lui uitstrek,
gul gaap, uitgerus glimlag en sê:
“Ek’s dors – iemand vir ’n koppie tee?”
Ek gaan jou gryp
en met slobberige heimwee soene
die stof van jou gesig afskilfer.
Jy gaan frons soos ’n pasgeborene.
“Wat’s fout met jou?!
Is jy nog nie oor daardie donderse depressie nie?”, vra jy.
Hoe kan ek depressief wees met my verlorene
nou ’n nuut geborene, gaan ek dink.
“Vir wat die oordadige affeksie?”
Verlange is relatief. Jy het my ’n dag gemis.
Ek mis jou reeds jare lank, maar ek sê niks nie.
Ek hou jou net vas asof jy enige oomblik wind gaan word.
Miskien gaan ek vra hoekom jy nie jou sexy denim
vir hierdie okkasie aan het nie
en jy gaan met jou kritiese oog sê dat jou blink nuwe rok
meer gepas is, al sit dit bietjie losserig om die middel.
Dalk sal jy mompel dat dit na ’n kraamrok lyk,
maar jy hou van die materiaal.
Ek gaan lag.
Ons gaan rond kyk en sien of ons nie Amanda Strydom
êrens sien nie. Sy gaan ’n negro-spiritual sing.
Ek vermoed “Swing low, sweet chariot”.
Ons familie en vriende gaan oral om roep
soos afslaers op vandisie dag.
Ons gaan beurte maak om mekaar se geliefdes te soengroet –
maar nie mekaar se sy verlaat nie. Nie weer nie.
Jesus gaan ons nooi vir piekniek
onder die Groot Boom.
Ons gaan op ’n blokkieskombers sit.
Hy gaan ’n kitaar van nêrens af na vore bring –
jou maroen akoestiese kitaar met die prentjies op –
en gaan vir ons ’n liedjie sing.
Ons gaan aan die deuntjie hang soos verliefdes.
Jy gaan borrel oor die harmonie.
Ek gaan ekstaties raak oor die beeldspraak.
Vir ’n duisend jaar gaan ons verlore tyd inhaal.
Ons gaan dekades lank gesels oor dieselfde onderwerpe.
Ek sal vir jou sê dat ek jammer is oor so baie dinge.
Ons gaan ’n bietjie huil.
Jesus gaan ’n boks tissues nader trek.
... Sanko Lewis
10.11.23
Gee my jou hand
ek wil die riviere daarop navigeer,
die salm opwaarts volg na die kuitwaters,
my skuit anker by daardie vrugbare plek
waar silwer grashalms soos nimfe in die strome
onder die volste volmaan dans;
neem my hand as offergawe:
brand dit op die altaar van jou hart
en laat die wierook opwaarts rank
na daardie ver geheime laer
waarvandaan muses mites duif
na skribent en bytelaar;
laat ons hande hou soos jong en ou verliefdes:
vir wie ingepalmde hande omhelsings is,
vir wie ingevlegde vingers wellustige lywe is,
vir wie hande vat ’n verbond is—
laat ons velbakterieë met die hand groet,
mekaar verken, beken, en kruisbestuif.
... Sanko Lewis
31.8.23
Por farvor
'n filament flikker deur die donker firmament —
momentele enlightenment — dan,
'n onmiddellike ewigheid later: dié knal
galm deur die ganse heelal
en die daaropvolgende benoude ontnugterde asemophoustilte;
en dáárna 'n lukraak ritme van vallende pêrels,
óf albasters, of planete oor 'n marmervloer:
asof veertig dae
en veertig nagte
hurk ons soos kuikens
onder vere en luister hoe die gode
daar buite ons, of die mensdom, se lot beklink;
hier binne bibber-broei ons kaal lywe
teen mekaar en bid ons dat die vorste,
al is dit net vannag
(want môre bring sy eie bekommernisse),
die dak en ons bed en die laer sal spaar — por farvor
en wyl ons bid, dalk ook die meubels en meublemente,
die koelkas en spens, die kookware en breekware,
die kluis en dokumente, die albums en sentimente
bowenal, natuurlik, o Groot Heelal, spaar 'seblief
ons nietige lewens: kaalgat-ek en my kaalbas-lief
... Sanko Lewis
14.5.23
Besing alles—alom
en laat dit leef, laat dit uit die niet uit opskiet
soos woestynblomme; laat dit vraatsugtiglik gaap
soos veerlose kuikens wat vetsugtig lus het vir wurms
en die grote ope wye hemel; laat dit van die blad af spring
soos sebravullens ná ’n donderbui: swart streep letters
klop-klop galop oor wit papier.
Luister, Siel, krabbel dit of tik dit of duim ’n feestelike vers
vir als wat leef—en ooit geleef het—
’n inspirerende ode aan woorde en moontlikhede.
Want wie’s te wete of die son
nie dalk oomblikke terug geblus is nie?
Dus, verderflike mens, voor die koue duisternis kom,
besing alles—alom.”
... Sanko Lewis
18.3.23
karakter bou is nie vir kleinseuriges nie
kerf ek my karakter uit akkerhout,
met stomstomp kloue
klou ek verbete aan die wiegeliedjies
en kampvuurstories van my voorouers
wat in hul beurt ook bouers van karakters was:
ook verkragters en veroweraars was
en slawemeesters en geweldenaars;
óók slagoffers was, verwilderde
vlugtelinge was, slawe en verslaafdes,
en gekruisigdes:
ons moet ons voorsate se stories ken,
laat ons ons voorgeslagte se vergete mites
verken soos avontuurlustiges: die weeldigste
motiewe skuil in muwwerige grotdonker dieptes
waar die bedraaktes grommig is.
kyk broers: ’n penmeester kan óók eelte
op sy hande en blase op sy vingers hê;
neem notisie susters: sien al die stapels
wat met bloed-ink geskribbe is,
gewaar die opgetekende aanklagte
van ongeregtighede en onregverdighede:
teen julle my moeders en susters en dogters,
maar kyk nie die oumans se brûe rûe mis nie—
met geboë hoofde dra hulle generasies op hul skofte,
en kyk nie die jonges se wellustige avontuurlus mis nie.
Dankie moeder en vader en moeder se moeder en vader se vader,
en vroumens en mansmens en vroumansmens en mansvroumens
en mansmans en vrouensvrou: vir almal is daar ’n avontuur
en ’n draak en ’n karakter om te kerf uit hout:
karakter bou is nie vir kleinseuriges nie.
... Sanko Lewis
3.1.22
Suppliseer
luister, hoor dié
dierlike grom
wat drom in my krop—stop jou stommigheid
en deel jou
wysheid, verklaar watse beneukte
dreuning vibreer hier
in die grotkamers
van my ribbekas—is
daar drake?
wat na jare hulle
vas wil breek?
en nou wil deurbreek,
losbreek, uitbreek?
Magiër,
gee ag op my roep,
neem notisie
van my hulpkreet:
herroep
die ou profesieë,
lê uit, ontbloot, openbaar—
ek weet iets dergeliks
is op hande:
lees my palm, bespeur
my iris,
gewaar my lot en
verklaar
vanwaar die
noodlot se winde walm!
Alchemis,
gewis jy wis wat
was en is—dus,
sink in ink jou
penveer en graveer
die tekens van
ouds, laat die kerslig
jou titsels toelig,
formuleer ’n hipotese:
is dit reuse? uit
die oertyd?
wat lank in haat
en in verwyt
nou uit
hibernasie tot wraak ontwaak?
Priesteres,
my geloof is dun,
my hoop is yl—het jy vir my
’n spreuk of les om
sin te maak, of woord of fles
van die gode as
balsem vir my onrustige gees?
Of dalk ’n wapen vir
beskerming: ’n dolk of swaard,
’n spies of skild,
’n hamer of helm of mantel ondeurpriembaar?
Watse offer kan ek bied? Wie se bloed moet ek giet?
Hoe is rus vir my
siel bekombaar?
Troebadoer,
keel jou lied en lip
jou vers: neurie ’n wysie,
komponeer ’n rympie, sing ’n minnesang
wat kan resoneer
met die verlang van my hart.
Stram jou lier,
laat dit kwinkeleer en vibreer
soos kat-op-skoot,
soos skat-in-skroot:
smeek die Muse my
onthalwe—
met vuur-verruklik
my binneste te salwe.
... Sanko Lewis
5.3.21
On a Wandering Day
Original Poem:<떠도는 날에>
언젠가 나도 몰래
도둑이 들어
내 마음 모두들 훔치어
달아나 버렸네.
잃어버린 보물 찾아
헤매인 십 년
빈 가지 끝에 걸린 해를 만나곤
비위 둔 집으로 되돌아왔네.
녹슨 자물쇠를 부수고
내 방에 들어와 보니
십 년 전 내 마음도녹이 슬어서
고스란히 먼지 속에 놓이어 있네.
김소옆
... Sanko Lewis
Op ’n swerwende dag
Oorspronklike gedig:<떠도는 날에>
언젠가 나도 몰래
도둑이 들어
내 마음 모두들 훔치어
달아나 버렸네.
잃어버린 보물 찾아
헤매인 십 년
빈 가지 끝에 걸린 해를 만나곤
비위 둔 집으로 되돌아왔네.
녹슨 자물쇠를 부수고
내 방에 들어와 보니
십 년 전 내 마음도녹이 슬어서
고스란히 먼지 속에 놓이어 있네.
김소옆
... Sanko Lewis
17.2.21
Oor verborge dinge
Luister hoe die
wind haar geheimenisse fluister
in die denne se bolle en tussen wilgers se takke
tussendeur die skrefie-oop venster, onderdeur
die agterdeur en in die plaashuisdak se balke.
Die son het per ongeluk
nes ’n goudblad perkament
op die houtvloer geval, waarin in al haar verborge
dinge opgeskrywe staan—sy lê beskaamd en verweerbaar
vir almal om te sien. Maar niemand gewaar haar nie.
Óók in die reën
se neurie is daar waarheid te verneem
en juistheid te ontsyfer vir die met ’n oor wat kan kyk
en ’n oog wat kan luister; elke vers en profesie,
soos met slot en grendel, het ’n openbaring en verklaring.
In die aarde, in
die grond, tussen riwwe, kors en klont
lê versteekte dieper dinge uit die voortyd weggebêre
wat ook vir ons tyd iets te sê het, as jou vingerpunte
weet, en óók jou hart en óók jou gees, hóé om dit te lees.
... Sanko Lewis